Heelwat herders, leraars en spirituele begeleiers het ‘n behoefte om onafhanklik van ‘n spesifieke werkgewer ‘n praktyk te vestig as ‘n Geestelike Begeleier. Daar is ‘n groeiende soeke by mense na betekenisvolheid en spirituele groei, en hulle soek dit al hoe meer buite die reikwydte van institusionele religie (‘die kerk’). Die instusionele gebougedrewe geestelike sorg is wêreldwyd aan die taan, alhoewel die behoefte na geestelike begeleiding eksponensieel groei. Dit laat ‘n groot vakuum wat gevul moet word