Bou ‘N Praktyk As ‘N Geestelike Begeleier - Commercialising Your Spiritual Directorship

Heelwat herders, leraars en spirituele begeleiers het ‘n behoefte om onafhanklik van ‘n spesifieke werkgewer ‘n praktyk te vestig as ‘n Geestelike Begeleier. Daar is ‘n groeiende soeke by mense na betekenisvolheid en spirituele groei, en hulle soek dit al hoe meer buite die reikwydte van institusionele religie (‘die kerk’). Die instusionele gebougedrewe geestelike sorg is wêreldwyd aan die taan, alhoewel die behoefte na geestelike begeleiding eksponensieel groei. Dit laat ‘n groot vakuum wat gevul moet word

Ons help jou om jou liefde en behoefte om mense in hulle geestelik reis na ‘n betekenisvolle lewe te begelei te kommersialiseer. As jy jou Geestelike Begeleierspraktyk as ‘n besigheid op wil stel en bedryf dan is hierdie die regte plek vir jou.

Internasionale tendense dui daarop dat spirituele begeleiding al hoe meer ‘n selfstandige beroepskategorie word en nie noodwendig gekoppel is aan ‘n spesifieke denominasie as die primêre werkgewer nie. Ons kliënte gebruik ons om hulle eie spirituele begeleidings filosofie, vertrekpunte and praxis te verpak en na ‘n wyer kliëntebasis beskikbaar te stel

As jy reeds jou spirituele benadering, waardeproposisie en metode onder die knie het, dan help ons jou om dit op ‘n gedeelde platform te doen. Registreer jouself op ons begeleiersplatform en besprekingsisteem en kliënte besluit hoe en wanneer hulle sessies met jou wil hê. Jy kontrakteer self met hulle wat jou proses behels

Ons help jou om jou waardeproposisie te kristaliseer, in jou eiesoortige spirituele geur te verpak, dit na mense en organisasies toe te neem en as ‘n selfstandige besigheid te bedryf

Hierdie proses hang af van waar jy nou is in jou reis om ‘n onafhanklike spirituele begeleier te wil wees. Om jou waardeproposisie te kristaliseer sodat dit op ‘n gedeelde platform neergesit kan word neem ongeveer 6 maande, afhangend van hoe vining jy oor die hekkies kom. Ons help jou stapsgewys, bietjie vir bietjie deur ‘n gestruktureerde proses

Die proses verg ‘n verbintenis van ten minste ses maande vir jou om jou teorie en praxis te kristaliseer deur ‘n gestruktureerde program (R3500) met ‘n vaste betaling per maand van R583 indien jy op ‘n gedeelde platform wil begin. Om jou eie platform te gebruik neem dit langer en behels ‘n onafhanklike webwerf, domein registrasies, besprekingsisteem en om ‘n unieke besigheidsidentiteit te skep, wat ook oorweeg kan word

Ons kan jou ook help om jou dienste op soekenjins te optimaliseer en sosiale media integrasie te bestuur

Bou ‘N Praktyk As ‘N Geestelike Begeleier - Commercialising Your Spiritual Directorship
Contact Form 2
Copyright © 2026 All Rights Reserved
Back to Top