ORGANISATORIESE GEESTELIKE BEGELEIDING - CORPOREAL SPIRITUAL DIRECTION

Gemeentebegeleiding of ‘n vorm van brugbediening vir gemeentes en geloofsgemeenskappe. Pastorale versorging en leierskap vir ‘n interim tydperk sonder die opsie om die Begeleier permanent aan te stel.

Gemeentes wat in die Gereformeerde, Presbiteriaanse of Metodiste tradisie staan kan hiervan gebruik maak. Wat herderloos of in ‘n beroepingsprosess is. Krimpende gemeentes wat weens demografiese veranderinge bedieningsuitdagings ervaar. Wat herderlike sorg nodig het, maar nie. óf nog nie ‘n voltydse of kontrakleraar aangestel het nie. Hulself wil herposisioneer binne hulle onderskeie gemeenskappe en veranderingsbestuur benodig.

Gemeentes kry pastorale hulp, leierskapontwikkeling en strategiese leiding tydens ‘n proses van verandering, herbesinning, en oorgang. Die Begeleier is nie beskikbaar om beroep te word nie, en begelei slegs die gemeente/gemeenskap gedurende hierdie veranderingsproses en hou pastorale versorging instand

Kontak Dr Pieter van der Merwe per e-pos (processingspace@gmail.com). Hy is ‘n gelegitimeerde en deeltydse leraar, ervare gemeente/organisasie konsultant, geregistreerde sielkundige in privaaatpraktyk en is woonagtig in Irene, Pretoria

Geloofsgemeenskappe kry tydelike professionele pastorale sorg en gemeenteleierskapontwikkeling sonder die finansiële vepligtinge (bv. behuising, medies, pensioen, versekering, reiskostes) wat met ‘n permanente, tentmaker of kontrakaanstelling gepaard gaan.

Die proses, tydraamwerk en beoogde uitkoms word gekontrakteer afhangend van die behoefte van die gemeente. Dit kan tussen 6-12 maande duur afhangend van die behoefte

Elke Begeleier is vir drie gemeentes verantwoordelik en is nie permanent in een spesifieke gemeente woonagtig nie. Die Begeleier werk op ‘n reisende basis en gebruik terplaatse en virtuele bedieningsmetodes. Is ter plaatse beskibaar vir een 20-uur week per maand, vir pastorale versorging, begrafnisse, gesstelike leierskapontwikkeling en ‘n erediens op die bepaalde Sondag. Op ander Sondae en tye van afwesigheid (terwyl in ander gemeentes werksaam) word bediening en eredienste op ‘n virtuele basis gedoen. As gevolg van die pastorale en gemeenteleierskap fokus woon die Begeleier nie Ringsitings by nie, en is nie die Voorsitter van die Kerkraad nie – maar is in adviserende hoedanigheid beskikbaar om te help met hierdie verpligtinge

Die vergoeding is R11000 per maand. Die Begeleier is self vir belastingverpligtinge verantwoordelik ‘n Deel van die vergoeding kan ook in die vorm van ‘n slagskaap of ‘n tenk brandstof wees. Indien die proses vir 12 maande duur bestaan die moontlikheid ook om die Begeleier te vergoed in die vorm van lewende hawe wat saam met iemand se kudde loop en op ‘n later stadium deur/vir die Begeleier verkoop kan word. Die Begeleier benodig ‘n skribaat in die gemeente om te help met die organisering van die ter plaatse program

ORGANISATORIESE GEESTELIKE BEGELEIDING - CORPOREAL SPIRITUAL DIRECTION
Contact Form 2
Copyright © 2026 All Rights Reserved
Back to Top