Jy wil jouself bekwaam en dan praktiseer as Spirituele Begeleier
Jy soek duidelikheid oor presies wat spirituele begeleiding in die Christelike tradisie is. Hoe dit verskil van berading en terapie. Hoe sielkundige beginsels in spirituele begeleiding aangewend kan word. Hoe die hele mens na gees, siel, liggaam en in verhoudinge deur spirituele begeleiding gehelp kan word. Jy soek ‘n integrerende teorie en gepaargaande praxis waarmee jy die hele mens kan help in hulle ontologie (manier van menswees). Jy wil mense help in hulle reis na betekenisvolheid en roepingsgedrewe doelgerigtheid.
Geen akademiese kwalifikasie word vereis nie. Dit is aanlyn beskikbaar op modulêre basis. Dit is ‘n lewende proses en word voordurend opgedateer met nuwe modules, wat verdere tegnieke, ervarings en teoretiese onderbou gee. Die basis raamwerk en gereedskapkas van tegnieke bestaan uit 8 modules wat aanlyn gedoen word. Die aanlyn metodiek is in die Coursera, Udemy formaat wat leeswerk, videos, gepreksoefeninge, tegnieke en praktiseringsterugvoer insluit. Indien Jy is deel van ‘n gemeenskap van praxis waar ons voortdurend ko-kreatief saamdink en deel soos wat elkeen se reis en praktykbou ontvou.

Hierdie is ‘n heelsame, eweknie beoordeelde en gepubliseerde benadering wat vir Spirituele Begeleiers aangepas is. Dit is ‘n integrerende, transdissiplinêre raamwerk wat reeds spirituel oorgrensend gebruik word en saam met jou eie benadering gebruik kan word. Die antroposentriese totaliteitswetenskap van die Christelik Reformatoriese tradisie is ‘n prominente hoeksteen in die konseptuele vertekpunt. Veral die toepassing van die supra-temporele Harts/hartsbegrepenheid van elke mens (Spreuke 4:23) en die onlangs gepubliseerde Christelik-mistieke ondertone wat dit wyer toeganklik maak. Vertroudheid met die raamwerk gaan gepaard met vaardighede, tegniek en instrumente (Enneagram, MBTI Step II, EQ-i II, Neurozone, Sensoriese Integrasie en vele ander) wat praktiese in jou spirituele begeleiding gebruik kan word. Dit spreek tot al die dimensies van ‘n tetraploustieke personologie vir menswees (gees, siel, liggaam en sosiale dimensies).
Die basisprogram word aanlyn aangebied in 8 modules en word deur jou eie pas bepaal. Die gevorderde program fokus in diepte op die kontemplatiewe en Christelik mistieke toepassing en duur ses maande
Alhoewel die program ‘n sterk teoretiese onderbou het, lei dit nie tot akkreditasie of tot ‘n formele kwalifikasie in Spirituele Begeleiding nie, maar is gefokus op die praktisering van Spirituele Begeleiding.
Hierdie program poog om ‘n bydra te lewer tot die formalisering en vestiging van ‘n beroepsomskrywing vir Spirituele Begeleiers